Vlnr: Kayla Visser, Jannien Neethling en Hermien Hugo

Drie ruiters van Worcester Gimnasium, Kayla Visser, Jannien Neethling en Hermien Hugo, is in die SANESA Wes-Kaapspan opgeneem. Hulle gaan einde September die Wes-Kaap verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.