Johan von Landsberg (0/11) het aan die SA Presidente stoeikampioenskappe (0/9-0/13 Vrystyl) in Durbanville deelgeneem waar hy die Boland-streek verteenwoordig het. Hy het deurgedring na die finaal in sy kategorie en het deelgeneem teen ‘n deelnemer van Sentraal-Gauteng, Andries Coetzer (0/13 en reeds ‘n SA-kampioen).

Johan het hom gewen met ‘n pen en so goud ontvang by die SA’s.

Baie geluk aan ons nuwe SA-stoeier (Presidente) kampioen!