Primêre Skool Worcester wil net baie geluk sê aan Sean Neethling (Gr.2). Hy is uitgenooi om te gaan deelneem

aan die “Commonwealth Chess Championships 2018” in Indië vanaf 25 Junie tot 4 Julie 2018.

Dit is voorwaar ‘n wonderlike prestasie en geleentheid wat nie elke dag verbykom nie! WPS is geweldig trots op jou, Sean!