Hoërskool Robertson is ongelooflik baie trots op Javon Jacobs (Links) en Carina Burger (Regs) wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig by die 7de Karate Wêreld Kampioenskappe in Vancouver, Canada, vanaf 25 September 2017 tot 6 Oktober 2017. Ons wens hierdie twee leerlinge alle voorspoed toe en weet hulle sal ons naam hoog hou.